Hoërskool Uitsig

  • Skip to content
  • Jump to main navigation and login

Nav view search

Navigation

  • Tuisblad
  • Akademie
  • Kultuur
  • Sport
  • Algemene inligting
  • Ontmoet die mense
  • Aflaaibare dokumente
  • Kontak ons
  • Foto's

Search

Tuis
 English Site

Wat is nuut?

  • 21 Bome vir 21 jaar
  • R12 000 vir KANSA
  • Uitsig 23 - Midstream 0
  • Top 10 vir laaste kwartaal van 2011
  • Boodskap van die Hoof

Toekomsgerig

  • Leerderondersteuning en hulpverlening
  • Leierskapontwikkeling

2012

  • Toelatingsvorms

McCarthy Toyota/Uitsig Prestige Aflosbyeenkoms

  • www.uitsigrelays.co.za

Kunsgalery

IMG_3040.JPG

R12 000 vir Kansa

Hoërskool Uitsig het R 12 000 ingesamel tydens ‘n onlangse Sprayathon ten bate van KANSA.  Dit is die meeste wat deur ‘n skool in Pretoria ingesamel is. Die entoesiasme en deelname van al die leerders het Mev Anne-Lett Geldenhuys, liefdadigheidskoördineerder van die skool, oorweldig.  Talle leerders het hul verhale van hoe hul direk of indirek deur kanker geraak word, met haar gedeel. Die woorde:  “Ek spuit my hare pers vir my ma of my tannie of my nefie …”, het Mev Geldenhuys laat besef dat die verskil én die sukses van die dag daarin lê dat kanker ‘n werklikheid is in baie mense se lewens.
 ‘n Sprayathon is die alternatief vir ‘n Shavathon, wat beteken dat die leerders se hare nie afgeskeer word nie, maar tydelik gekleur word met nie-allergeniese spuitverf wat met die eerste was uitwas. Dit is die negende jaar wat KANSA die Shavathon fondsinsamelingsprojek aangebied het, maar die eerste jaar wat skole aktief genader is om deel te neem. Die fondse wat op die manier ingesamel word, word deur KANSA aangewend vir navorsing, bewusmaking en ondersteuning. 

21 Bome vir 21 Jaar

 

Ter viering van Hoërskool Uitsig se 21ste bestaansjaar het Addo Tuinsentrum in Centurion, 21 bome aan die skool geskenk.  Groot feesvieringe word vir die derde kwartaal beplan en alle oud-studente en onderwysers word genooi om die skool te kontak op 012 6615525.

 

Foto v.l.n.r.: Candice Bow, Anke Snyman, Sharon Bokhela. Agter Jean Makgakge. Mnr  Moses Thugwana (heel regs) het ook hand bygesit.

Kunsgalery

Meer van ons kunswerke ...

Communicator

Klik hier om af te laai.

Die “communicator” hou die volgende voordele vir u in:

  • Dit is 'n eenmalige aflaai-proses
  • Inligting word via die internet opdateer
  • Bly op hoogte van skoolaktiwiteite, belangrike datums en nuus rakende u kind. 

Powered by Joomla!®