Kultuur

Die volgende Kultuuraktiwiteite is reeds ‘n instelling by Hoërskool Uitsig:

AFRIKAANS INTERNE REDENAARS

Redenaars word geïdentifiseer tydens ‘n Afrikaanse toespraak wat ook as ‘n assesseringspunt vir die kwartaal gebruik word.  Ongeveer 10 leerders per graad neem aan ‘n redenaarsbyeenkoms deel waartydens die wenners aangewys word. Die beste redenaars vorm dan deel aan Radikale Redenaars & ATKV.  Ons het al verskeie wenners opgelewer.  Verdere kompetisies vind plaas waar die wenners individueel en groepsgewys deelneem.

PUBLIC SPEAKING

Orators-uitdinne vind gedurende die eerste kwartaal plaas.  Dit is ‘n geleentheid vir leerders om hulself kommunikatief te kan ontwikkel.  Hierdie aktiwiteit vind op dieselfde basis as die Redenaars plaas.  Kompetisies vind eers intern en daarna ekstern plaas.

RISSIEPIT EISTEDDFOD

Dit is ‘n kultuurweek wat jaarliks aangebied word waarvoor enige leerder in verskeie afdelings kan inskryf.  Dit gee leerders geleentheid om op sy vlak in sy afdeling te kompeteer.  Afdelings waarvoor ingeskryf kan word is o.a. sang, drama, kuns, handwerk, dans, skryfkuns, instrumenteel, en scrapbooking.  Nuwe items word jaarliks bygevoeg soos leerders se behoeftes verander.  Die kompetisie groei jaarliks en in 2014 het ons reeds 300 inskrywings ontvang.  Leerders skryf in met behulp van ‘n inskrywingsvorm. 'n Inskrywingsfooi word gehef vir die aankoop van sertifikate.  Die wenners dring dan deur na die Lig-die-Emmerfees.

LIG-DIE-EMMER TALENTKOMPETISIE

Hierdie fees is die hoogtepunt van die kulturele bedrywighede by Hoërskool Uitsig.  Die top-leerders van die Rissiepit-Eisteddfod neem aan hierdie prestige geleentheid deel om die trofeë en kontantprys los te slaan.

Die volgende 3 optredes vind plaas:
Studente-aand
Gala-aand
Kers- & Versaand: Die nie-musikale deel van die Lig-die-Emmer/A Bucket-full-of Talent vind gedurende die laaste deel van die 3de kwartaal plaas wanneer die dramatiese poësie, gedigte, kortverhale ens. voorgelees word.

KOOR

Ons koor is besig om te vinnig te groei.  Mev. Lorraine Duvenage staan aan die stuur van die koor.  Die koorlede oefen op Maandae vanaf 14:45 - 16:45.  Die Pianis, Marcha Geyer help met die koor se afrigting.  Die groep neem hierdie jaar deel aan die Irene Village Mall Choir Festival in Junie.

**By Uitsig streef ons ook daarna om alle leerders ingelig te hou van kulturele aktiwiteite wat plaasvind waar hulle spesifieke talente en vermoëns aangewend kan word.

KOOP EN ONDERSTEUN

Kry ‘n gratis kaart aanlyn of skakel 0860 100 445.
Jy kan ook by enige Woolworths-winkel ‘n kaart kry.

CHILLIE MASCOT

Vir Uitsig beteken die rissie geluk, vreugde, opwinding,
ekstra geur, ‘flavor’ en woema!

KUNSGALLERY

Ons departement is betrokke by uiteenlopende
verskeidenheid van kunsteorieë en praktiese komponente.