Sport

Hoërskool Uitsig bied die volgende sportsoorte aan:

ATLETIEK
RUGBY
NETBAL
HOKKIE (SEUNS EN DOGTERS)
KRIEKET (SEUNS EN DOGTERS)
LANDLOOP
GHOLF
MUURBAL
SKAAK
BERGFIETSRY
TENNIS
SOKKER

Hoërskool Uitsig organiseer die volgende byeenkomste:

Die UITSIG/TUKS Aflosbyeenkoms

Hierdie aflosbyeenkoms is die grootste van sy soort in Suid-Afrika. Dit is ‘n jaarlikse instelling wat op die LC de Villiers Stadion by die Universiteit van Pretoria Sportkampus plaasvind die eerste Dinsdag van Februarie elke jaar. Meer as 2 000 aflos-atlete van hoërskole.

WINTERSPORTREEKS

Ons het begin met ons eie wintersportreeks waar sportsoorte soos rugby, netbal en hokkie (seuns en dogters) gespeel word. Ses skole neem aan die reeks deel.

GHOLFDAG

Ons bied n jaarlikse prestige gholfdag aan as fondsinsameling vir ons skool.

ATLETIEK

In 2014 het ons die 4de plek behaal op Interhoër, twee plekke beter as 2013. Die seunsaflospan het ook tydens die interhoër die trofee gewen vir die beste seunsaflosspan. 

HOKKIE

In 2014 het ons seuns- en dogters eerste hokkiespanne hulle onderskeie ligas gewen. Die seuns neem ook deel aan die Noordvaal kompetisie. Hoërskool Uitsig het tot dusver 2 provinsiale spelers opgelewer:

Hokkie: Thato Seloane o/16 Dogters
             Melissa Sibiya o/15 Dogters

NETBAL

Netbalontwikkeling onder leiding van me. Lorraine Scheepers neem 'n aanvang in Augustus elke jaar.  Ons neem ook aan Tukkies se “Aksie” netbalkompetisie deel.  In 2014 het ons 1 provinsiale speler opgelewer:

Netbal: Mapuso Maepa o/18

KRIEKET

Sedert 2010 word ‘n krieketakademie onder leiding van mnr. Werner Dercksen by die skool aangebied. Afrigting vind deur die jaar plaas.

SPORT WAT NIE BY DIE SKOOL AANGEBIED WORD NIE

Ons gee erkenning aan sportsoorte soos karate, dans, visvang en nog vele meer.

KOOP EN ONDERSTEUN

Kry ‘n gratis kaart aanlyn of skakel 0860 100 445.
Jy kan ook by enige Woolworths-winkel ‘n kaart kry.

CHILLIE MASCOT

Vir Uitsig beteken die rissie geluk, vreugde, opwinding,
ekstra geur, ‘flavor’ en woema!

KUNSGALLERY

Ons departement is betrokke by uiteenlopende
verskeidenheid van kunsteorieë en praktiese komponente.